Rosettenville die Mekka van prostitusie

Inwoners van Rosettenville het in opstand gekom teen buitelanders, hoofsaaklik Nigeriëers, wat in dié woonbuurt hulle besighou met dwelmhandel en prostitusie. Die inwoners beweer dat hierdie mense bowendien deur die polisie beskerm word.

Die Johannesburgse burgemeester, Herman Mashaba, het ‘n ondersoek gelas na bewerings dat die polisie van die Moffat View polisiestasie die “sekswerkers” ondersteun of beskerm.

Drie huise en ‘n taverne is aan die brand gesteek wat as bordele en dwelmhole gebruik word. Die gemeenskap dreig om nog buitelanders se huise af te brand solank die buitelanders hulle met misdaad besig hou.