Reuk van korrupsie pla

Volgens berigte hang die reuk van korrupsie so sterk om Brian Molefe dat hy bykans ongeskik is vir enige posisie in die regering.

Hy het betraand bedank uit Eskom om “sy naam in ere te herstel” , wat nog nie gedoen is nie, en sy betrokkenheid by die omstrede Gupta broers tel nie in sy guns nie. Bowendien sal die Saxonworld “shebeen skadu” altyd oor hom hang, volgens mense na aan Molefe.

‘n Skrywer, Sipho Pityane skryf in ‘n ope brief aan Molefe: “Jy is die bewys dat Zuma korrupte optrede beloon”.