Regsadviseur ontken verhouding met minister

Die minister van Water en Sanitasie, is deur ‘n Sondagkoerant betrek in ‘n romantiese verhouding met Luvo Makasi, ‘n prokureur wat daarvan verdink word dat hy meer as net regsadvies vir die departement gee.

Makasi ontken die bewerings nou ten sterkste, terwyl die minister, Nomvula Mokonyane, geen woord oor die bewerings rep nie. Makasi sy verhouding met Mokonyane is “streng professioneel”

City Press het vroeër berig dat die minister vir Makasi in wese volmag gegee het om besluite te neem in haar departement, wat selfs meer magte is as wat direkteur-generaal het.

Foto: Luvo Makasi