Rassistiese grondhervorming eis sy tol

Meer as 1 000 wit Zimbabwiese boere leef in ‘n staat van armoede as gevolg van die land en sy president, Robert Mugabe, se grondhervormingsprogram sedert 2000.

Mugabe en die Zanu-PF party het die proses begin deur plase wat deur wittes besit was, aan swart “grondlose” eienaars te gee. Meer as 4 000 boere is afgesit van hul plase en die nuwe “eienaars” se gebrek aan vaardighede het gelei tot laer of geen produksie op die plase nie.

Ontleders is bekommerd oor die proses wat tans in Suid-Afrika gevolg word en wat tot dieselfde rampspoedige situasie kan lei, veral omdat ongeveer 95% van die Suid-Afrikaanse grondhervormingsprojekte reeds misluk het.