Rasseherrie in DA

Die DA moet ‘n plaasvervanger vir Patricia de Lille kies as leier vir die Wes-Kaap nadat sy onlangs uit die posisie bedank het.

Een van die aanspraakmakers vir die posisie, Boninkosi Madikizela, kla nou dat DA lede sy ras teen hom hou.  Hy is een van vyf kandidate wat die pos van De Lille wil vul en die DA sal eerskomende Saterdag in Worcester die nuwe provinsiale leier aanwys.

Volgens Madikizela is die kleurlinge nie gereed om deur ‘n swartman gelei te word nie. Shaun August is saam met Madikizela tans die  voorlopers in die wedloop. August het in Januarie nog skuldig gepleit nadat hy nie die regte prosedures gevolg het met die aankoop van T-hemde in verlede jaar se verkiesingsveldtog nie.

Helen Zille en sommige senior DA lede hou die T-hemp skandaal teen August maar ontken enige voor of afkeur vir ‘n spesifieke kandidaat. Zille het egter wel gesê dat sy moeg is daarvoor dat die rassekaart telkens uitgepluk word.

Foto: Helen Zille is skynbaar moeg vir die rassekaart