Premier se huis verkoop vir R 16 miljoen

Die R16 miljoen wat verkry is met die verkoop van die ampswoning  van die Gautengse premier gaan aangewend word om 40 studente te help met hul studies oor drie jaar.

Dit beteken ongeveer R133 000 per jaar per student. As hierby gevoeg word die R800 miljoen wat beskikbaar is vir beurse, dan betaal die belastingbetaler ‘n klomp geld vir studente wat dalk nooit klaar studeer nie, wat nie hul lenings wil terug betaal nie en wat klasse afbrand en beskadig.