Polisiekommissaris ontken partytjie befondsing

Die waarnemende polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, ontken enige bewerings dat hy staatsgelde gebruik het agt jaar gelede om sy verjaarsdagpartytjie te finansier.

As die talle bewerings teen hom waar sou blyk te wees, meen waarnemers dat sy rekord is besig om soos Jacob Zuma en die minister van staatsveiligheid te lyk soos bendelede in Chicago.

Intussen word bewerings gemaak dat raadslede aan die Oos-Rand raadsfasiliteite bespreek vir munisipale funksies wat in werklikheid hul kinders se 21ste verjaardagvieringe is of huweliksherdenkingsgeleenthede.

Van beloftes dat korrupsie vasgevat gaan word, kom ooglopend dadels.