Poetin se opponent skuldig bevind

President Vladimir Poetin van Rusland se grootste opponent vir die presidentsverkiesing in 2018, die jong Aleksej Navalny, mag nie deelneem aan die verkiesing nie.

Navalny sou in Maart 2018 die presidentskandidaat wees wat teen Vladimir Poetin staan, maar nou mag hy nie deelneem aan die verkiesing nie nadat ’n hof hom skuldig bevind het aan verduistering.

Die Russiese opposisieleier is Woensdag in Kirov skuldig bevind deur die regter aan verduistering by ’n bosboubedryf wat ingevolge die Russiese wet beteken dat hy as veroordeelde nie aan ’n presidentsverkiesing as kandidaat mag deelneem nie.

Navalny bly egter sê dat hy onskuldig is en die skuldigbevinding ’n politieke slenter is om president Poetin te beskerm teen sy opponente en meen dit is ’n metode om seker te maak hy word uit die politiek gedruk.

Hy beweer dat die Kremlin reeds geruime tyd gelede beplan het om hom nou skuldig te bevind sodat hy nie aan die presidentsverkiesing kan deelneem teen president Poetin nie.

Foto – Aleksej Navalny