Parlement word oorlogsone

As meer as 400 soldate benodig word om ongeveer 400 parlementslede te beskerm tydens die sogenaamde staatsrede in die parlement, is dit duidelik dat verag word dat die parlement ‘n oorlogsone kan word.

Die wenkbroue het gelig toe dit bekend geword het dat soveel soldate ontplooi word vir die take, en selfs die grondwetlikheid daarvan is bevraagteken. Skynbaar is die goedkeuring daarvoor verkry van die opperbevelhebber van die weermag, Jacob Zuma in sy hoedanigheid as president

Die laaste paar staatsredes en ander geleenthede in die parlement is ontwrig toe die EFF nie die president toegelaat het om sy toespraak te lewer nie. Uiteindelik is hulle met geweld uit die parlement verwyder.

Alhoewel die EFF hierdie jaar tjoepstil is oor sy planne, kan daar verwag word dat hulle wel weer met een of ander anti-Zuma verrassing vorendag sal kom, en dis skynbaar waarteen Zuma homself wil beskerm.

Zuma sde optrede herinner ook sterk aan diktatoriale Afrika-leiers wat die weermag inspan om hulle magsposisie te beskerm of te verbeter.

Foto: Verlede jaar se Slag van die Parlement, waartydens die EFF verwyder is