Op die volksakker – Rooi ligte in ´n onregstaat

Die minister van grondsake het die week ´n baie eerlike, en ongelukkig ´n baie realistiese stelling gemaak: Dat grond sonder vergoeding herverdeel moet word, in terme van die Grondwet, met ander woorde heel wettig.

Anders as wat menige (sogenaamde) regsgeleerde sal beweer, is dit inderdaad moontlik én wettig; die grondwet verklaar immers dat swart mense sogenaamd benadeeld is, dat enige aksie om sodanige benadeling reg te stel dan ook regmatig is.

Ons mense moet nou een maal besef dat “wettig” nie noodwendig “regverdig” beteken nie.  Ons is ´n minderheid wat onherroeplik uitgelewer is aan die tirannie van Afrika se eise en giere, tensy ons werk maak van ons volksvryheid.

Ander opmerkings van die minister verdien ook ons aandag:  Na dekades se eise dat die 1913 grond-verdeling toegepas moet word, is daar uiteindelik bewys dat, op grond daarvan besit swartes reeds die grond wat hulle regmatig toekom.

Dat hul deur ondeurdagte bevolkingsaanwas te veel geword het vir hul eie grond, is ´n werklikheid, maar van geen troos sedert ons volk effektief ons stemreg ontneem is nie.

Noudat die historiese feite die ANC in die gesig staar, word die spreekwoordelike doelpale bloot verskuif, gegrond op blatante leuens, want weinig swart Afrikane het Suidelike Afrika bewoon vóór die sogenaamde “koloniale tydperk”.

Die les is egter dat geen Afrikaregering te vertrou is wanneer die onreg-staat waarborg dat getalle regeer bó opgevoede waardes nie.

Verder moet ons met onderskeiding die uitsprake van (mis)leiers en politici beskou, wat reeds meer as twee dekades ons mense paai, terwyl hul jaarliks miljoene in hul eie sakke steek – miljoene wat seker lankal landuit weggebêre is?

Want word die grondwet met die nodige meerderheid gewysig, soos nou gestel deur die minister, beteken al daardie paai-woorde net soveel soos die wigte en teenwigte wat reeds soveel van ons erfenis verwoes het.