“Ons soek nie die linkses nie”

Frankryk se Republikeinse partygenote sien met wrewel hoe die linkse media en Sosialiste hulle presidentskandidaat, Francois Fillon, gesel oor die beweerde skandaal dat hy sy vrou betaal het vir werk wat sy klaarblyklik gedoen het maar wat nie bewys kan word nie.

In ’n meningsopname onder Republikeine is dit duidelik dat hulle in die eerste rondte van die presidentsverkiesing vir Fillon gaan stem, maar as hy verloor. Gaan hulle eerder vir Marine Le Pen in die tweede rondte stem want “hulle soek nie die linkses” nie.

In die jongste koerantberigte in Frankryk word nou erkenning gegee aan die sterk moontlikheid dat Le Pen die eerste rondte in April gaan wen.

In opnames wat regoor Frankryk gemaak is, blyk dit dat die meerderheid van die Republikeine bereid is om hulle steun aan Le Pen te gee in die tweede rondte van Mei se verkiesing.

Politieke ontleders sê as dit werklikheid word dat Le Pen die eerste rondte wen, en Fillon swakker gaan vaar as die Sosialiste se jong kandidaat, sal hulle eerder vir Marine Le Pen ondersteun om seker te maak die linkses verloor die tweede rondte.

Onderhoude wat joernaliste gevoer het met Republikeine, het oor die algemeen redelik snedig teenoor die Sosialiste uitgevaar, en een dame het gesê die Republikeine soek nie die linkse Sosialiste weer in die regering se stoel nie,

Foto – François Fillon