Obama-regering se streke skok wêreld

Terwyl die vrouebewings in Amerika gereedmaak vir ’n dag van staking in die werkplek om hulle verset teen die Trump-regering te demonstreer, is die wêreld met blindheid geslaan oor die Obama-regering se wrede aanvalle in Sirië waarvan geen woord gerep is nie.

Die gesaghebbende blad, Military Times, berig in sy jongste uitgawe dat dodelike lugaanvalle deur die Amerikaanse weermag uitgevoer is in Sirië, Irak en Afghanistan.

Wat egter skokkend is, is die feit dat die aanvalle nêrens bekend gemaak is nie, en laat ernstige vrae oor die Obama-regering se aanspraak van deursigtigheid wat hoog opgegee is onder die vaandel van vooruitgang en stryd teen die Islamitiese Staat, die Al-Kaïda en Taliban bewegings.

Die blad wys daarop dat kommer bestaan oor die werklike toedrag van sake in die drie lande terwyl werklike syfers, die koste daaraan verbonde, en die menseslagting wat daarmee gepaard gegaan het, nie iewers bekend gemaak is nie.

Die berig in die militêre tydskrif dui daarop dat Amerikaanse vegvliegtuie in 2016 minstens 456 aanvalle uitgevoer het waarvan geen melding gemaak is nie.

Die inligting is ook nie vervat in die Amerikaanse lugmag strukture waar dit gewoonlik in vertroulikheid bewaar word nie, en dit sluit nie die meer as 6 000 verswygde lugaanvalle in wat deur die sogenaamde “koalisie” magte onder leiding van die VSA, uitgevoer is nie.

Waarnemers wys daarop dat die Obama-regering met die optrede waarskynlik die Amerikaanse kiesers gruwelik mislei het, en die ganse wêreld nou in ’n staat van ernstige skok is oor die optrede van ’n president wat deur die linkses hoog opgegee is vir sy deursigtige optrede.

“Amerika is nie onskuldig nie”, was president Trump se opmerking toe iemand Vladimir Poetin ’n “killer” genoem het.