Nuusflitse 20 Februarie

R6 miljoen vir Zuma-beeld

Terwyl die gemeenskap krepeer van armoede, het die ANC van Noordwes aangekondig dat hulle by Groot Marico ‘n reuse standbeeld van R6 miljoen van Jacob Zuma wil oprig.

 

Staatsdepartemente skuld Spesiale Ondersoek Eenheid geld

ANC-president JacobZuma het staatsdepartemente aangespreek en gesê dat hulle hul skuld moet delg by die SOE.  Staatsdepartemente is skynbaar bykans R400 miljoen verskuldig aan die eenheid.

 

ANC-voorsitter beskuldig party van politiekery

Die provinsiale voorsitter van die ANC in Natal, Sihle Zikalala, sê politiekery oor kandidaatlyste  veroorsaak dat sommige lede opsygeskuif word, ongeag hoe goed hulle is.

 

Nuwe aandelebeurs sien die lig

Suid-Afrika se tweede aandelebeurs, die ZAR X, gaan vandag sy eerste noterings maak. Die ZAR X is direkte opposisie vir die JSE wees. Nog ‘n beurs, die 4 Africa Exhange, sal ook binnekort met noterings begin.

 

Phosa vra Zuma moet loop

Die voormalige ANC-tesourier-generaal Mathews Phosa het pres. Jacob Zuma gevra om uit te tree. Hy sê eerbare mense kan nie stil wees in die aangesig van die bose nie.

 

Profeet verdwyn met lidmate se geld

‘n “Profeet” van Vosloorus aan die Oos-Rand het met R100 000 die hasepad gekies nadat sy haar gemeentelede beloof het dat sy gestuur is om hulle te help om werk te kry teen ‘n fooitjie van R3 000.