Noord-Korea lanseer ballistiese missiel

Die kommunistiese regering van Noord-Korea het Sondag weer met toetse voortgegaan en ’n geslaagde lansering van ’n ballistiese missiel uitgevoer wat in die see geland het.

Die Verenigde State sowel as Suid-Korea het bevestig dat ’n ballistiese missiel getoets is.

Die projektiel is blykbaar vanuit die westelike streke van die land afgevuur en volgens ’n woordvoerder van die weermag in Suid-Korea het die missiel oor ’n afstand van sowat 500 kilometer getrek en in die see geland.

Die lansering vorm nie net deel van ’n reeks toetse om uiteindelik ’n langafstand ballistiese missiel te ontwikkel nie, maar is ook deel van die kommunistiese Kim Jong-un se magsvertoon.

Tydens die besoek van premier Abe van Japan aan president Trump van Amerika, is die verhouding tussen die twee lande versterk met die doel om kragte saam te snoer teen die nuwe bedreiging uit Noord-Korea.

Foto – Kim Jong-un