Nog ‘n polisie hoës in hof

Vorige Wes-Kaapse polisiekommissaris Arno Lamoer moet Dinsdag in die Kaapse Hooggeregshof verskyn op aanklagte van korrupsie en geldwassery ter waarde van R1,6 miljoen. Saam met Lamoer verskyn polisie brigadiers Darius van der Ross, Sharon Govender en Kolindren Govender, en ‘n sakeman, Saleem Dawjee.

Meer as 109 klagtes is op die klagstaat aangebring.  Die voorkoms van korrupsie in die polisiemag skyn toe te neem, waarskynlik na voorbeelde in die verband soos byvoorbeeld van die voormalige polisiekommissarisse soos Selebi en ander.

Foto: Arno Lamoer