Nog ‘n hoë kry die trekpas

SA se Hoë Kommissaris in Singapoer se termyn is beëindig, aldus die Departement van Internasionale Verhoudinge en Koöperasie.

Hazel Ngubeni is  uitgewys as ‘n dwelmsmokkelaar toe sy in 1999 kokaïne probeer insmokkel het in die VSA en twee jaar in ‘n tronk deurgebring het in New York.

Dit het die staat 17 jaar geneem om ‘n persoon se rekord na te gaan voor sy van haar pos onthef word.  Dalkies was tronkstraf juis haar verweer aangesien Mandela ook uit die tronk gestap het om president te word.