Navo beweeg nader aan Trump

Navo lande is ’n stap nader aan die siening van president Donald Trump van Amerika deur saam te stem dat gesamentlike optrede teen die Islamitiese Staat en ander terroriste noodsaaklik is.

Navo lande open ’n nuwe basis in Napels om effektiewe optrede te verseker teen die instroming van onwettige immigrante uit Afrika en die Midde-Ooste.

Die gesamentlike weermagbevel in Napels sal hoofsaaklik fokus op die “versameling van intelligensie besonderhede” en verdediging kapasiteite in state soos Irak en Libië.

Navo se sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg, sê die aangeleentheid is meer gekompliseerd as wat algemeen gesien word, en is waarskynlik die moeilikste situasie sedert die einde van die Koue Oorlog.

Navo wil ook meer gebruik maak van hommeltuie wat terugvoer kan gee oor die bewegings van immigrante, wat kenners dan sal analiseer.

Die optrede kom in lyn met president Trump van Amerika se aanbeveling dat terrorisme die belangrikste prioriteit behoort te wees waarop Navo moet fokus in die onmiddellike toekoms.