Nasionalis kry jare tronkstraf

’n Politieke aktivis wat verbind word aan die Nasionaal-Demokratiese Party Duitsland (NPD) is vir agt jaar tronk toe gestuur saam met ’n paar ander kamerade wat ’n gimnasium wou ontwrig waar onwettige immigrante gehuisves word.

Die gimnasium wat in die dorp Hauen, naby Berlyn in Duitsland geleë is, was deur die groep mans geteiken.

Die aktivis is tronkstraf opgelê omdat hy glo die brein agter die plan was om ’n aanval uit te voer op die immigrante wat in die gimnasium woon.

Die aanval is glo uitgevoer sonder om enige immigrant te beseer, maar die “oortreding” is glo die oorsaak dat 3,5 miljoen euro se skade aangerig is aan eiendomme.

Die regter het in sy uitspraak gesê dit is duidelik dat die 28-jarige man, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, gemotiveer was om die immigrante te benadeel.

Regter Theodor Horstkötter het die man 8 jaar tronkstraf opgelê te midde van ’n ander verhoor, waartydens die skuldige ook vir 18 maande trok toe gestuur is weens sogenaamde rassistiese optrede.