‘n Vinnige yskastert vir die hitte

Tog te lekker saam met ‘n koppie koffie. Hierdie Hawaise tert neem omtrent net 5 minute om te maak.

 

5 minute Hawaise tert:

Bestanddele:

1 blik fyngedrukte pynappels

1 houer vanielje kitspoeding

250 ml suurroom

1 blik pynappelskywe

8 kersies

½ kop klapper

250 ml vars room

1 pakkie Tennis beskuitjies fyngerol en gemeng met 100 gr gesmelte botter.

 

Metode:

Bespuit ‘n tertbord en druk beskuitjiemengsel daarin vas.

In ‘n groot bak, meng die fyn pynappel met sy stroop, droë kitspoeding en suurroom baie goed saam.

Skep in tertkors en versier met die pynappelskywe, styfgeklopte vars room en kersies.

Sprinkel klapper oor.

Verkoel vir ten minste 2 ure voor bediening.

 

Heerlik en maklik met bestanddele wat ons gewoonlik in die kombuis het. Geniet u koffie en yskastert.