Iets anders vir ontbyt of ligte middagete? Vingerlek lekker geroosterde rooi uie en spek kaastert.
Vir die kors:
Bestanddele:
125 ml fyn mieliemeel
60 ml koekmeelblom
5 ml mosterd poeier
Knippie sout
80 ml cheddarkaas gerasper
75 gr botter, gesmelt
Metode vir kors:
Verhit oond tot 200ºC.
Meng al die bestanddele goed en druk vas in die gesmeerde 20 cm pannetjie.
Bak vir 5 minute en laat afkoel.
Vir die vulsel:
Bestanddele:
15 ml olyfolie
200 gr maer spek gesnipper
1 groot rooi ui gesnipper
2 x 230 gr roomkaas
250 ml suur room
3 ekstragroot eiers
120 gr cheddarkaas gerasper
30 ml fyn mieliemeel
Knippie sout en gemaalde swart peper
Ekstra rooi uieskywe vir versiering voordat dit in die oond gesit word
Metode vir die vulsel:
Verhit olie en braai spek en gesnipperde ui tot goudbruin maar nog sappig.
Meng roomkaas, suurroom goed met mekaar en voeg eiers een vir een by en meng goed na elke byvoeging.
Voeg spek en uiesnippers by en meng.
Meng gerasperde kaas, mieliemeel en geurmiddels by en meng baie goed.
Gooi in die kors, pak ekstra rooi uieskywe bo-op vir versiering en bak vir 15 minute op 200ºC.
Stel oond tot op 160ºC en bak vir ‘n verdere 40 minute.
Skakel die oond af en laat die kaaskoek afkoel in die oond.
Keer uit en geniet.
Nuutste kommentaar