Moskou ontplooi kruisermissiel

Moskou het stilweg ’n SSC-8 kruisermissiel ontplooi wat die 1987 Internasionale ooreenkoms tot beëindiging van die Koue Oorlog, verbreek het.

Die nuus het die Trump-regering waarskynlik onkant betrap nadat sy veiligheidsadviseur vroeër die week afgedank is deur die Amerikaanse president.

Die Russe se ontplooiing van ’n nuwe missiel, te midde van ’n internasionale ooreenkoms wat daarmee verbreek word, plaas druk op die Amerikaanse president, Donald Trump, en alle oë is nou op hom gevestig om sy reaksie waar te neem.

Senior woordvoerder in Amerika sê hulle is bewus daarvan dat Rusland reeds etlike jare besig is met toetse van nuwe missiele, en daarmee die internasionale ooreenkoms verbreek.

’n Amerikaanse woordvoerder het gesê hulle is bewus dat Rusland oor langafstand kruismissiele beskik wat oor 500 tot 5 500 kilometer reikafstand beskik.

Mark Toner, ’n departementele woordvoerder sê die Trump-administrasie het ’n behoorlike ondersoek ingestel na die Russe se voortgaande oortreding van die ooreenkoms.

Die verwagting is dat minister Jim Mattis die aangeleentheid sal opper tydens sy eerste vergadering in die eerskomende Navo vergadering.