Minister help vriend

Grondhervormingsminister Gugile Nkwinti was skynbaar instrumenteel dat ‘n vorige Luthulihuis werknemer, Errol Velile Present, en sy besigheidsvennoot Moses Boshomane, ‘n plaas van R97 miljoen bekom het in Noord-Transvaal naby Nylstroom.

Beide die “gelukkige” eienaars het geen grondeis op die plaas nie en het ook geen ondervinding in die landbou bedryf nie. Die minister het erken dat hy die ooreenkoms gefasiliteer het vir R2 miljoen.

Soos in die meeste grondhervormingsprojekte het werkers nie betaling ontvang op die plaas nie en is die plaas in die grond bestuur.  R30 miljoen is aan die nuwe eienaars gegee om implemente te bekom en salarisse te betaal.  Sowat 3 000 beeste ter waarde van R18 miljoen is verkoop, plaas implemente het verdwyn en oeste het gevrek.

Die firma Deloitte, wat die omstandighede ondersoek het,  het aanbeveel dat Nkwinti aangekla moet word vir moontlike korrupsie.

Foto: Gugile Nkwinti