Meksiko ontevrede met VSA deportasies

Die menseregtebeweging in Meksiko se hoofwoordvoerder het Donderdag gesê die plan van die Amerikaanse regering om nie-Meksikane na Meksiko te deporteer is “onaanvaarbaar”.

Intussen het ’n verteenwoordiger van die Amerikaanse Wit Huis blykbaar in Meksiko aangekom om die buurland in te lig oor die nuwe wette wat van toepassing is in Amerika.

Die Meksikaanse verteenwoordigers het hulle ontsteltenis tydens ’n ontmoeting teenoor die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Rex Tillerson, te kenne gegee.

Die Meksikane het gesê daar is geen manier hoe Meksiko die nuwe reël van Amerika gaan aanvaar wat nie-Meksikane na Meksiko deporteer nie.

Minister Tillerson het Woensdagmiddag in Meksiko aangekom en is vergesel deur minister John Kelly van die Departement Veiligheid om met hoë amptenare van Meksiko gesprek te voer oor hoe Amerika se immigrante beleid in die toekoms toegepas sal word.

Gesprek sal ook gevoer word met president Enrique Pena Nieto sowel as met die Meksikaanse minister van verdediging.

Intussen is minister Kelly se departement hard besig om reëlings te tref vir die deportasie van talle mense wat nie oor die nodige verblyf dokumente beskik nie.

Foto – Minister Rex Tillerson