Meeste damme styg

Groot dele van die land het die afgelope goeie reën gekry, terwyl die Weerdiens voorspel dat groot dele van die binneland die week nog swaar reën kan verwag.  Oorstromings in Noordwes, Sentraal-Transvaal, dele van Oos-Transvaal, Natal en die Vrystaat is ook selfs ‘n moontlikheid.

Interessant genoeg het damme in Oos-Transvaal en Wes-Kaap verlede week gedaal teenoor die vorige week, terwyl alle ander damme in die land gemiddeld ‘n styging toon.

Vaaldam het gestyg tot 64,2%, terwyl die Allemanskraaldam in die Vrystaat, wat verlede week nog 29,1% vol was, begin styg het en nou op 32,1% staan.

Noordwes se damme is gemiddeld 78,1% vol (47,2% verlede jaar die tyd), Vrystaat 60,8% (53,8% verlede jaar), Oos-Kaap 58,2% (72,8 verlede jaar), Sentraal-Transvaal 86,3% (83,7%), Natal 47,9% (53%), Noord-Transvaal 66,9% (60,4%), Oos-Transvaal 67,1% (60,3%), Noord-Kaap 95% (59,3%) en Wes-Kaap 34,8% (42,3%).