Madikizele se rekord van politieke skorsings

Die nuutverkose Wes-Kaap leier van die DA het nie noemenswaardige bekendstelling nodig nie, aangesien hy bekend is in die politieke kringe en in verskeie politieke partye.

In 2006 is hy uit die ANC geskop weens ‘n interne stryd oor nominasies van kandidate. In 2007 sluit hy by die UDM aan en word ook daar geskors nadat ondersoeke getoon het dat hy DA-lede in die geheim werf. In Oktober 2008 het hy by Zille se party aangesluit en kry die pos van LUK vir behuising.

Die vraag word nou deur politieke ontleders gevra hoe ‘n persoon met so ‘n troebel politiese agtergrond met ‘n lojaliteit wat sterk bevraagteken word, skielik ‘n partyleier kan word.