Linkse media word toegang geweier

Joernaliste van die linkse media in Amerika is die afgelope naweek toegang tot die Amerikaanse Wit Huis geweier weens hul “onbetroubare beriggewing”.

Die joernaliste van The New York Times, CNN, The Los Angeles Times, Politico en Buzzfeed is toegang geweier om die daaglikse nuuskonferensie van die Huis se woordvoerder, Sean Spicer, by te woon.

Vroeër het president Donald Trump gesê die linkse media is “die vyand van Amerika”.

Die verlinkse CNN het die voorval as ’n “aksie van wraak” bestempel, en waarnemers sê dit is waarskynlik ’n korrekte opsomming aangesien CNN ’n haatveldtog voer teen die Trump-regering nadat hulle voortdurend voorspel het dat Clinton die verkiesing gaan wen, en probeer het om Donald Trump as karikatuur voor te stel.

Die Wit Huis se amptelike woordvoerder, Sean Spicer, het toegelaat dat joernaliste van ABC, CBS, The Wall Street Journal, Bloomberg en Fox News, die konferensie bywoon.  Die medewerkers van Breitbart News, One America News en The Washington Times, is ook toegelaat.  Verslaggewers van Time, USA Today en The Associated Press is ook toegelaat, maar die joernaliste het geweier om die konferensie by te woon uit solidariteit met die joernaliste wat nie toegelaat is nie.

Die bestuur van die White House Correspondents’ Association het egter die Wit Huis se besluit veroordeel en gesê dit is nie aanvaarbaar hoe die media behandel moet word deur die Wit Huis nie.

Die New York Times het ’n berig in sy koerant geplaas waarin hy beswaar maak en sê dat die koerant oor baie jare berig gelewer het oor die regerende partye se werksaamhede, maar nog nooit was daar ’n beletsel geplaas nie.

Foto – Sean Spicer