Linkse Fransman Macron kry groot steun

Terwyl die gematigde presidentskandidaat van die Republikeine in Frankryk, Francois Fillon, probeer om skadebeheer toe te pas oor die korrupsie aanklagte teen hom, is die linkse onafhanklike kandidaat, besig om groot steun te werf onder Franse kiesers.

In die jongste meningsopname het dit geblyk dat die onafhanklike kandidaat, Emmanuel Macron, tans  64% steun geniet terwyl Fillon se steun steeds aan die afneem is.

Met die opname kort na die beweerde korrupsie skandaal op die lappe gekom het, is Fillon se steun slegs 19% terwyl hy vroeër as die wenner aangewys is as daar toe verkiesing gehou sou word.

Die linkse Macron het glo die Franse aan sy voete met nuwe beleidsrigtings, en het selfs die voorsprong wat Marine Le Pen gehad het, verby gegaan en laat haar met ’n steun van sowat 40% teenoor die van Macron.

Macron, wat in Augustus as die Sosialiste se minister van ekonomiese sake bedank het, en sy eie veldtog begin het as onafhanklike presidentskandidaat, het aanvanklik nie enige groei in steun gehad nie, totdat die beweerde skandaal oor Fillon gespoel het.

Macron besing die “oop deur” immigrante beleid van Kanselier Merkel van Duitsland, en maak seker dat die beweerde korrupsie skandaal waarby Fillon betrek word, onder die kiesers se aandag bly.

Politieke ontleders men die vermoede bestaan dat die Republikeine wat geskok is oor Fillon se beweerde korrupsie, nou steun gee aan die linkse onafhanklike kandidaat, en nie aan Marline Le Pen se Front nasionaal nie.

Foto – Emmanuel Macron