Le Pen word beskuldig van “vals arbeid”

Die leier van die Front Nasionaal in Frankryk, Marine Le Pen, word daarvan beskuldig dat sy gebruik gemaak het van vals arbeidskontrakte vir twee van haar assistente in die Europese Parlement.

Die bewerings is glo te lees in ’n verslag van die Europese Buro vir Bedrog Bestryding wat na die Franse media “gelek” is.

Advokaat Marine Le Pen het die bewerings as onsin beskryf nadat die verslag in die Mediapart  verskyn het.

’n Kontrak wat deur Le Pen onderteken is waarin ’n salaris van meer as 7 000 euro per maand aan ’n persoonlike lyfwag betaal moet word, is nou afgemaak asof die fondse aan haar betaal is en nie aan ’n lyfwag nie.

Koerante se bewerings dat Le Pen se vennoot, Louis Aliot, onregmatige betalings ontvang, kon later nie deur die media bewys word nie.

Die aanslag teen Le Pen het reeds etlike maande gelede begin toe sy daarvan beskuldig is dat sy geld ontvang het vir reiskoste van reise wat nie plaasgevind het nie.

Die beskuldiging het later soos mis voor die son verdwyn nadat sy dit ook afgemaak het as onwaar.

Foto –  Ondersteuners omring Le Pen