Le Pen weier Moslem hooftooisel

Marine Le Pen, die presidentskandidaat van die Franse Front Nasionaal, wat tans die grootste steun onder kiesers geniet, het haar staal gewys toe sy geweier het om die hoofbedekking te dra wat aan haar gebied is in Libanon tydens haar besoek in die oorheersend Moslem land.

Sy moes ’n afspraak nakom met Abdellatif Deriane, die Grand Mufti, wat waarskynlik een van die land se mees prominente Moslems is.

Van haar is verwag om die hoofbedekking te dra as sy die Grand Mufti ontmoet, maar sy het met ’n breë glimlag op die gesig, die hooftooisel van die hand gewys en gesê as dit ’n vereiste is vir die ontmoeting, dan kanselleer sy die afspraak.

Marine Le Pen het later gesê sy sien geen nodigheid om so ’n bedekking te dra nie, want sy is nie ’n Moslem nie.

“Dra my respek oor aan die Grand Mufti, maar ek wil nie die hoofbedekking dra nie, want ek is nie ’n Moslem nie”, het sy vriendelik, maar met beslistheid gesê.

Sy het ter verduideliking bygevoeg dat sy tydens haar besoek aan Egipte, waar sy Ahmed el-Tayeb, die Grand Imam van al-Azhar, ontmoet het, is dit nie van haar verwag om ’n hoofbedekking te dra nie.

Op die sosiale netwerk is Marine Le Pen geloof vir haar netjiese en besliste optrede, en volgens politieke ontleders het haar aansien verder gestyg onder die Franse kiesers.

Foto – Marine Le Pen