Le Pen vergroot haar meerderheid

Te midde van die verbete pogings uit die sosialiste se kamp om Marine Le Pen, leier van die Franse Front Nasionaal, te etiketteer, het haar steun vir die presidentskap verder gestyg.

Anders as in die geval van die Republikeinse presidentskandidaat, Francois Fillon, wat nou slegs die derde plek beklee nadat bewerings oor moontlike bedrog en korrupsie teen hom ingebring is, het dieselfde taktiek nie geslaag om Le Pen uit die wenposisie te kry nie.

Politieke ontleders meen dat die pogings om Le Pen te koppel aan bedrog, presies die teenoorgestelde uitwerking gehad het en is haar ondersteuningsbasis net verder vergroot.

Die vete van die verlinkse presidentskandidaat van die Sosialiste, Emmanuel Macron, teen die nasionalis Marine Le Pen, het hom niks in die sak gebring nie, en is hy nog verder agter Le Pen volgens die jongste opname van die liberale media in Frankryk.

Marine Le Pen is stewig in die voorste plek vir die eerste rondte van die presidentsverkiesing wat in April gehou word.

Sy geniet die steun van 26% teenoor die Sosialis Macron se 23% en Fillon van die Republikeine se 18%.

Vroeër het Fillon erken dat baie van sy getroue ondersteuners nou oorgeloop het na Front Nasionaal se Marine Le Pen.

Van die linkse koerante kan egter nie die werklikheid ignoreer nie en moes in die afgelope naweek toon dat minstens drie verskillende meningspeilings Le Pen op die voorpunt plaas.

Een koerant het selfs Le Pen se goeie hoedanighede besing en gesê sy vertoon uitstekend in TV onderhoude wat haar steun verder vermeerder.

Haar besoek aan die Libanon het blykbaar ook bygedra tot Le Pen se beeld as leier van die Franse kieserskorps.

Foto – Marine Le Pen