Le Pen se kanse word nog beter

“Marine Le Pen is nie die Franse se Donald Trump nie”, en “Le Pen sal die eerste rondte van die presidentsverkiesing loshande wen”

Dit is twee van die afgelope naweek se berigte in Britse koerante terwyl die koerante in Frankryk nog steeds poog om haar verdag voor te stel aan kiesers.

Terwyl die Republikeinse presidentskandidaat, Francois Fillon, steeds probeer om die swaard bokant sy kop verwyder te kry, stroom meer kiesers uit die Republikeinse kamp na Marine Le Pen se Front Nasionaal.

Fillon het glo aan ’n Franse koerantjoernalis erken dat sy ondersteuners nou oorstap na Le Pen as hulle presidentskandidaat.

Waarnemers sê dit is duidelik dat Fillon nie meer die verkiesing kan wen nie, en dat sy ondersteuners na Front Nasionaal beweeg, wat dit laat blyk dat Marine Le Pen nie net die eerste rondte van die presidentsverkiesing in April gaan wen nie, maar waarskynlik ook die Mei verkiesing om as Frankryk se president ingehuldig te word.

In Britse koerante word geskryf dat Marine Le Pen ’n duidelike beleidsrigting het, en nie voortvarend is met “onverantwoordelike uitsprake” nie, wat van haar ’n wenner maak, en beslis nie as ’n tweede Trump gesien moet word nie.

Foto – Marine Le Pen