Le Pen besoek Libanon regeringslui

Die nasionalistiese presidentskandidaat in Frankryk, Marine Le Pen,  het die beeld van haar Front Nasionaal verder uitgebou en wêreldwyd beïndruk met ’n amptelike besoek aan president Michel Aoun van Libanon.

Le Pen se besoek op Maandag  20 Februarie by die president in Libanon het wêreldwye belangstelling gewek toe sy die eerste presidentskandidaat van Frankryk word om ’n amptelike besoek te bring in die buiteland.

Adv. le Pen het later in ’n mediaonderhoud gesê die gesprek het hoofsaaklik gehandel oor die twee state se vrugbare vriendskap wat oor baie jare strek, en nog vir jare moet voortduur.

Le Pen se besoek aan Libanon, wat oor twee dae strek en Dinsdag ten einde loop, het die statuur van die Front Nasionaal se leier ’n aansienlike hoër internasionale beeld besorg.

Sy sal Dinsdag besoek bring by die eerste minister van Libanon,  Saad Hariri, wat ’n Moslem geloof aanhang, sowel as die minister van buitelandse sake, Gebran Bassil voordat sy terugkeer na Frankryk.

Sy sal egter ook ’n kort besoek bring aan die leier van die Christene se Libanese Krag, ’n nasionalistiese party in die land.

Foto – Marine Le Pen