Kommandowurms saai verwoesting

Nadat saaiboere as gevolg van etlike jare se droogte swaar gekry het, en hulle uitgesien het na ‘n beter seisoen na die goeie reën, het ‘n nuwe ramp hulle getref.

Kommandowurms rig groot skade aan onder gesaaides. Dit is ‘n redelik onbekende wurm, en tot dusver was nog geen gifstof werklik effektief om die wurms dood te maak nie. Boonop kruip hulle diep in die mieliestronk in, waar die gif nie kan bykom nie. Dit het die potensiaal om hele oeste totaal te vernietig, wat kan beteken dat boere selfs nadat die droogte gebreek is, weer ‘n misoes kan hê.

Boere wat die wurms opmerk, moet dit onmiddellik aanmeld.