Kataloniërs se vryheidstryd duur voort

Die voormalige Kataloniese leier, Artur Mas is terug in die stryd nadat hy verskeie aanklagte teen hom gehad het oor die stemmery wat hy toegelaat het in 2014.

Mas, wat bekend is daarvoor dat hy ’n verbete stryd voer in debatte oor onafhanklikheid en selfregering van die Kataloniërs, is weer terug op die voorblad van verskeie koerante in Spanje.

Artus Mas wat vroeër die premier van Katalonië was, staan nou in die hof oor sy optrede en “ernstige ongehoorsaamheid” en word daarvan beskuldig dat hy ’n onafhanklikheid verkiesing gehou het terwyl hy nog deel is van die Spaanse bestel.

Die staat se regsverteenwoordigers vra dat Mas vir tien jaar gediskwalifiseer word in die politiek van die land

Die omstandighede waarin Mas verkeer, het weer eens die kollig geplaas op die vryheidstryd van die Kataloniërs, en bestaan die vermoede dat hernude verset teen die minderheidsregering van Spanje te wagte is.

’n Woordvoerder het later gesê die verhoor teen Mas is eintlik ’n verhoor teen die Kataloniërs wat streef na hulle onafhanklikheid.

Te midde van die optrede teen politieke leiers in Katalonië, is die streek vasbeslote  om later vanjaar weer ’n referendum te hou oor onafhanklikheid.

Teenstander propageer egter dat die Kataloniërs se referendum ’n onwettige daad is en dat vervolging teen die leiers ingestel kan word.

Katalonië is die mees welvarende streek van Spanje, en voer reeds jare lank ’n stryd om onafhanklikheid.

Intussen het die Europese Unie verklaar dat Katalonië nie as onafhanklike staat as ’n lidland toegelaat sal word nie.