Kandidaat Fillon kry nog terugslae

Terwyl die Republikeinse presidentskandidaat in Frankryk, Francois Fillon, besig is om vure dood te slaan oor beweerde korrupsie waarby hy sy vrou betaal het vir werk gelewer, kom nog meer bewerings oor wanbesteding na vore.

In ’n nuwe onthulling word beweer dat Fillon, tydens sy ampstermyn as eerste minister, nie net vergoeding en bonusse aan sy vrou Penelope betaal het nie, maar ook ’n sogenaamde “ontslag vergoeding” van 45 000 euro.

Vroeër het Fillon erken dat hy sy vrou betaal het vir werk wat sy moes doen om sy werklading te verlig, maar Penelope het in ’n TV onderhoud ontken dat sy enige werk vir haar man gedoen het.

Fillon het herhaalde kere gesê hy het niks verkeerd gedoen nie, en sukkel om sy verkiesingsveldtog weer op dreef te kry terwyl die eerste verkiesing plaasvind in April, en die tweede rondte in Mei gehou word.

Fillon, wat onder die Republikeine as die mees konserwatiewe kandidaat beskou is wat die verkiesing kon wen, se stryd om die presidentsverkiesing te wen, het vervaag toe dit met groot baniere en koerantopskrifte bekend gemaak is dat hy “korrupte optrede” gevolg het as eertydse eerste minister van Frankryk.

Altesaam 900 000 euro is aan sy vrou, Penelope uitbetaal gedurende sy ampstermyn, en alhoewel dit wettig toelaatbaar is in Frankryk, kon geen bewyse gevind word dat sy wel sekere take verrig het nie, en toe sy in ’n TV onderhoud beweer het dat sy geen werk vir haar man as eerste minister gedoen het nie, was die media aan die gons.

Foto – Francois Fillon