Islamitiese Staat dood talle in Pakistan

Die Pakistanse regering het wraak gesweer teen terroriste organisasies nadat die Islamitiese Staat verantwoordelikheid aanvaar het vir die dood van meer as 70 burgerlikes in ’n terreuraanval.

Terroriste het die afgelope naweek ’n aanval uitgevoer in die suidelike provinsie Sundh met selfgemaakte bomme wat gebruik is in die voorval.

Meer as ’n 100 ander mense is ernstig beseer wat in die volgepakte lokaal was waar die ontploffings plaasgevind het.

Die lokaal word glo gebruik deur Islam gelowiges wat blykbaar aanbidding doen van iemand wat in die 13de eeu geleef het.

Die plek word normaalweg nie beveilig nie, en het die terroriste volle geleentheid gebied om die aanval uit te voer terwyl honderde werkers die dag saamgekom het vir die geleentheid.

Die Pakistanse eerste minister, Nawaz Sharif, het onderneem om weerwraak te neem en die terroriste terug te betaal vir hulle daad.