Iran die grootste ondersteuner van terroriste

Die Amerikaanse minister van verdediging, James Mattis het die afgelope naweek in die Japanse hoofstad Tokio verklaar dat Iran die land is wat die meeste steun verleen aan terroriste bewegings.

Hy het die standpunt gestel kort nadat president Trump sanksies aangekondig het teen Iran wat met ballistiese missieltoetse begin het te midde van die Verenigde Nasies se versoek om dit te staak.

Minister Mattis het Japan besoek om die twee lande nouer saam te trek rondom die bedreigings van terroriste en selfs die nuwe neiging van Sjina om sy gebiedswaters uit te brei in die Suidsee gebied.

Mattis het ’n ure lange gesprek gevoer met sy Japanse eweknie, Tomomi Inada, gehad en gesê die VSA beskou Japan as een van die hoekstene vir wêreldvrede.

Die Amerikaanse minister het in ’n verklaring gesê die geskil oor Sjina se uitbreiding in die Suidsee moet op diplomatieke vlak aangepak word om ’n oplossing te vind vir die gevaar wat dit inhou vir vrede.

Foto – Minister James Mattis