Irak dryf terroriste uit basis

Regeringstroepe van Irak het die Ghazlani basis naby Mosoel aangeval en die Islamitiese Staat (IS) swaar verliese toegedien die afgelope naweek.

Te midde daarvan is daar nog steeds sowat 800 000 burgerlikes vasgevang in die westelike gebiede van Mosoel.

Die soldate, onder leiding van Amerikaanse deskundiges, het ook ’n suksesvolle aanval uitgevoer op die lughawe van Mosoel, en dié  belangrike punt bevry van terroriste.

Vir die eerste keer sedert 2014 kon Irak se weermagsoldate in beweeg en gebiede in die weste van Mosoel oorneem.

Die weermag beoog verdere invalle om die res van Mosoel te bevry van die terroriste, maar kenners meen dit kan nog geruime tyd duur voor hulle die IS vegters in die stad finaal verslaan het.

Die Amerikaanse lugaanvalle het egter die deurbraak gemaak om die terroriste by die Ghazlani basis te dood en te verdryf, wat ’n belangrike punt is weens sy strategiese ligging.