Instituut vir Rasseverhoudings kritiseer ook haatspraak wetgewing

Ook die Instituut vir Rasseverhoudings het ‘n voorlegging gemaak aan die departement van Justisie oor die beoogde haatspraak wetgewing wat laat 2016 voorgehou is vir kommentaar. Gister het Die Vryburger gemeld dat die HNP ook die wetgewing verwerp het in ‘n voorlegging aan die departement.

Die IRV meld dat die wet nie nodig is nie aangesien daar nie ‘n “rasse krisis” op hande is wat sulke drastiese maatreëls nodig het nie.

Waarnemers vind dit vreemd dat rassisme toegeneem het in die sogenaamde reënboogland sedert 1994, aangesien die advokate vir die oorgawe en weggee van die land beloof het dat alles goed sal gaan in die nuwe SA.