Indiese firma wil myn in bewaringsgebied

Die minister van omgewingssake, Edna Molewa, het goedkeuring gegee dat ‘n Indiese maatskappy, Atha Africa Pty (Ltd) mynbedrywighede kan begin in ‘n gebied in Oos-Transvaal, skaars drie jaar nadat sy die gebied as bewaringsgebied verklaar het.

Die meer as 8 000 hektaar noordoos van Wakkerstroom is ‘n bekende waterbron vir voëls in die area.   Die Wêreld Natuurfonds of te wel World Wildlife Fund het nou ‘n regsaksie begin om die bedrywighede te staak.

Daar word bespiegel dat dit ‘n geval kan wees of die Guptas ook hier betrokke is en daarom se manne wat voorkeurbehandeling kry.