Indië lanseer honderd satelliete

Die regering van Indië het met ’n vuurpyl met 104 satelliete aan boord, die ruimte in gestuur wat een na die ander ontkoppel is om te wentel om moeder aarde.

Kenners men die lansering van so ’n groot aantal satelliete met een vuurpyl, kan as ’n nuwe rekord beskou word indien hulle almal in een baan om die aarde wentel.

Die Indiese ruimtevaart administrasie het die inligting Woensdag vrygestel nadat die satelliete wel in ’n enkel baan om die aarde geplaas is.

Rusland het twee jaar gelede 37 satelliete met een vuurpyllansering in ’n enkel baan geplaas wat om die aarde wentel, en dit is toe as ’n rekord beskryf.