Immigrante gaan opruk Uniegebou toe

Na die aanvalle op uitlanders die afgelope tyd word daar nou ‘n protesoptog gereël na die Uniegebou deur onder andere die Kongolese gemeenskapsleier, Prince Mpida.

‘n Koalisie is gestig wat bekend sal staan as die Koalisie van Burgers teen Xenofobie.  Die onwettige immigrante beoog om ook aan te sluit by die Gemeenskaps Polisierings Forum (GPF) “om misdaad te bekamp.”