Hongarye neem stappe teen asielsoekers

Die regering in Boedapest het verklaar dat alle immigrante sal na sentrale kampe gestuur word terwyl hulle aansoeke om asiel nog hangende is.

Eerste minister Viktor Orban sê hy is bewus daarvan dat die maatreël Hongarye in openlike konflik kan bring met die Europese Unie.

Hongarye het ’n nuwe plan bekend gemaak om alle immigrante te huisves deur hulle in ou gebruikte verskepingshouers te laat bly in kampe naby die grense.

Die nuwe plan vorm deel van Hongarye se maatreëls wat deur die konserwatiewe regering van premier Orban ingestel word om die Hongaarse volk te beskerm teen moontlike terreur aanvalle.

Premier Orban het verlede jaar sterk standpunt ingeneem teen die immigrasie beleid van die Europese Unie, en het selfs geweier om deel te neem aan die herverdeling van immigrante volgens ’n EU stelsel en het selfs ’n draadheining opgerig aan die grens met Serwië om te verseker dat onwettige immigrante die land binnekom.

Orban het ook aangekondig dat die immigrante nie vryheid van beweging moet verwag nie, en hulle mag slegs beweeg in die gebied waar hulle toegelaat word om te bly.

Toe Hongarye 30 000 onwettige immigrante moes ontvang, het premier Orban geweier om hulle te ontvang in sy land, en later toegelaat dat slegs 425 die land binnekom.