Honderde word uit VSA deporteer

Die Trump regering is besig om “Amerika weer sterk te maak” deur honderde onwettige immigrante in die land te deporteer.

’n Grootskaalse veldtog is begin deur die veiligheidsmagte om persone, wat nie oor die nodige verblyfdokumente beskik om in die VSA te woon en te werk nie, te deporteer.

Waarnemers wys daarop dat baie meer mense nou die land moet verlaat wat onwettig daar is, as wat gevra het om die land in te kom.

Die Appèlhof wat beslis het dat president Trump se dekreet oor die reisverbod ongrondwetlik is, het die Trump regering nie laat huiwer om ander weë te vind om ontslae te raak van die vreemdelinge in die land nie.

Barack Obama wou ook daarmee begin, maar het spoedig besluit om dit te los, wat daartoe gelei het  dat duisende mense die land onwettig binnegekom het, wetende dat hulle nie vervolg word nie.

Talle Meksikaanse burgers, waarvan sommige glo meer as 20 jaar in Amerika woon, word nou gedeporteer weens hulle onvermoë om die nodige verblyfdokumente te toon.

Intussen het die Amerikaanse regering begin met onderhandelings om die grensmuur tussen die VSA en Meksiko op te rig.