Honderde walvisse spoel op strand

Meer as 400 walvisse het die naweek op strande in Nieu-Seeland uitgespoel wat vir wetenskaplikes ’n vreemde en raaiselagtige gebeurtenis is.

Volgens kenners is dit ’n onverstaanbare gebeurtenis wat nog nooit op so ’n groot skaal ondervind is nie.

Die walvisse wat op die oog af gesond voorkom, het almal in die Farewell Spit in die Suid-Eiland uitgespoel.

Wetenskaplikes sê ’n totaal van 416 het op die strand beland, en weens die onbekende oorsaak gaan navorsing gedoen word om te probeer vasstel wat die rede is vir so ’n massiewe groot verlies.

Natuurliefhebbers en vrywilligers hoop dat hulle van die walvisse kan red en het die hele naweek probeer om hulle nat te gooi en te beskerm.

Die werkers sê hulle het gewag dat die hoogwater gety volg, om dan die diere terug te kry in die see.

Meer as driehonderd walvisse is reeds dood weens die gebrek aan hulp, maar werkers het hard probeer om soveel moontlik van die visse lewend te hou.