Honderde kinders verkluim in Oekraïne

Die snerpende koue wat reeds aan die begin van die Europese winter ondervind word in die Oostelike Oekraïne, laat minstens 17 000 inwoners byna verkluim weens ’n gebrek aan elektrisiteit en water.

Hiervan is 2 500 kinders wat geen toegang het tot verwarming nie, en staar verkluiming in die gesig.

Met die temperatuur wat soms tot 20 grade benede vriespunt daal, sal die mense nie lank sonder die water en krag kan klaarkom nie, wat afgesny is tydens die hewige gevegte in die gebied tussen regeringsoldate en pro-Russiese rebelle.

Volgens woordvoerders in die Oekraïne is die wateraanleg en elektrisiteit netwerk ernstig beskadig gedurende die laaste week van Januarie.

Gesondheidstoestande het reeds aansienlik versleg, en die infrastruktuur van die gesondheidsdienste is glo bedenklik, wat kan lei tot ’n algehele krisis in die gebied.