Hof verklaar regering se besluit ongeldig

Die Hooggeregshof in Pretoria het bevind dat die regering se kennisgewing om te onttrek aan die Internasionale Kriminele Hof onkonstitusioneel en ongeldig is, die regering is beveel om die kennisgewing onmiddellik terug te trek. 

Meningsvormers sê Jacob Zuma sal nou ‘n ander manier moet soek om Internasionale vervolging vry te spring.

Die ANC regering was van die eerste lande wat besluit het om te onttrek uit die Internasionale Kriminele Hof omdat geglo is dat die Hof teen Afrikalande diskrimineer.