Hitler se telefoon opgeveil

’n Rekordprys is betaal vir die telefoon wat nog die simbole het soos wat Adolf Hitler gebruik het tot op die laaste dag.

Die telefoon, wat beskryf is as een van Hitler se belangrikste wapens tydens die Tweede Wêreldoorlog, is die afgelope naweek tydens ’n veiling verkoop aan ’n onbekende persoon wat gebie het.

Andreas Kornfeld van Alexander Historical Auctions, wat die veiling gehou het, was nie bereid om die koper se naam bekend te maak nie wat die geskiedkundige toestel vir $243 000 gekoop het nadat die eerste bod ingesit is vir $100 000.

’n Britse offisier, Ralph Rayner, het die foon van ’n Russiese offisier gekry, en dit sedert 1945 in sy huis bewaar, wat dit later aan sy seun nagelaat het wat besluit het dat die foon maar verkoop kan word.