Geld tekorte maar minister voel vere

Die Minister van Minerale Bronne, Mosebenzi Zwane, het hom nie gesteur aan die Tesourie se opdrag dat Ministers nie duurder motors as R750 000 mag aankoop nie.

Hy het teen die reël in, besluit om ‘n luukse Mercedes Benz vir R1,35 miljoen te laat aankoop en sommer vir sy adjunk, ene Godfrey Oliphant, ‘n Porsche Cayenne vir naastenby dieselfde bedrag. 

Hy het met die transaksies R2,7 miljoen vir twee voertuie uit staatsgeld betaal terwyl hy slegs gemagtig is om R1,5 miljoen vir die twee se voertuie kon spandeer.

Foto – Mosebenzi Zwane