Franse Groenparty onttrek kandidaat

Die verlinkse Groenparty van Frankryk het so min steun gekry dat sy presidentskandidaat besluit het om handdoek in te gooi.

Kenners meen egter dit is ’n taktiese skuif van die Groenes deur hulle ondersteuners aan te moedig om vir die linkse sosialiste se kandidaat te stem om Marine Le Pen uit te skakel in die tweede rondte.

Die linkse koerante in Europa propageer steeds dat Le Pen die eerste rondte gaan wen op 23 April, maar hou vol dat sy teen Francois Fillon van die Republikeine gaan verloor in die tweede rondte op 8 Mei.

Jadot moedig nou die Groenes aan om vir die Sosialiste se Benoit Hamon te stem, maar waarnemers en peilings toon dat die sosialiste tans derde is en selfs nie die omstrede Fillon van die Republikeine kan wen nie.

Die vermoede bestaan egter dat die linkse politieke partye uiteindelik kragte gaan saamgooi om Le Pen uit die president se stoel te hou.

Foto – Yannick Jadot